Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
DEBUUT
Drama
’n KKNK-produksie, moontlik gemaak deur NATi
MET Jana Cilliers en Ludwig Binge
Barnard Gilliland se niggie Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met hom. Sy onthou hom skaars. Sestig jaar gelede sterf hy op die vroeë ouderdom van 24, toe die wiel van sy motor bars. Hy was gereken as hoogs belowend. Kort ná sy dood verskyn sy debuutbundel, Veelhoek. Gilliland as sestiger se rou en verrassend vars uitroep na die sin van die lewe in sy praatvers Skipbreukelinge staan teenoor Cilliers se skrywe wat hunker na iets soortgelyks binne ’n teaterkonteks vir vandag.
Afrikaans • Geen 0.13 OB • 60 min.