Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
DEBUUT
Plekspesifieke teater
MET Theo Witbooi, Janion Kennedy, Chantell Phillipus, Jermaine Bruintjies en Melikhaya Blou TEKS EN REGIE Tiffany Saterdaght en Neil Coppen
Die Karoo Kaarte teaterspan verlaat die tradisionele teaterruimtes en skep ’n splinternuwe plekspesifieke produksie gesentreer rondom die eens fabelagtige, maar nou vervalle Oudtshoorn-spoorweg. Dit is ’n surrealistiese en poëtiese staptoer waar die gehoor teen skemertyd op reis geneem word langs Oudtshoorn se treinspore, waar ’n reeks verrassende optredes langs die pad wag. Trek gemaklik skoene aan en bring ’n baadjie.
Veeltalig • Geen o.13 • 80 min.