Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Om filmkritiek toe te pas en films te resenseer, is vir enige kyker ‘n doeltreffende en bevredigende manier om verder betekenis te gee aan emosies, reaksies en refleksies op treffende kykstof. Deelnemers kan gerus vooraf die film The Sound of Freedom op Prime Video kyk aangesien hierdie film ‘n hoofverwysingspunt in die werkswinkel sal wees. In die werkswinkel verken ons die rol van filmkritiek in kultuurdiskoerse, resensie-ontleding, en die toepassing van die beginsels van filmkritiek deur self ‘n resensie te skryf.