Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Winand Grundling (36) het homself die afgelope dekade gevestig as 'n top orrelis - sy landwye toekennings, wat drie Kannas insluit, spreek vanself. Hy is ook 'n virtuose pianis en iemand met ’n natuurlike instink vir improvisasie en komedie. Hy het in die legendariese Victor Borge (1909-2000), die Deens-Amerikaanse komediant en pianis, die inspirasie gevind om sy eie talent ten toon te stel met ’n fyn uitgewerkte huldeblyk wat daarna streef om Borge se werk aan die Winterfees se gehore bekend te stel.
Borge se speelse en vermaaklike styl, tesame met foutlose tegniek, word deur Winand interpreteer en op die planke gebring in ’n konsert wat beloof om gehore te laat skater én te stem tot nadenke. Winand het in Junie 2023 met twee uitverkoopte vertonings by die Playhouse Theatre in Somerset-Wes die gehore gaande gehad en staande applous ontvang. Die nalatenskap van Victor Borge strek wyd en sy invloed is duidelik merkbaar in die werk van talle musici en komediante wat in sy spore gevolg het. Met “A Victor Borge Tribute” bring Winand nie slegs hulde aan ’n groot gees nie. Hy wil met hierdie produksie ook sy stempel afdruk as ’n pianis en vermaaklikheidster in ’n genre wat van kunstenaars soos Charl du Plessis, Rocco de Villiers en Jonathan Roxmouth huishoudelike name gemaak het.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek, die gaste bederf met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ‘n glas wyn! Ons het onlangs wonderlike nuwe onderdak ruimtes bygevoeg by die teater om te verseker dat ons tydens die reënerige, koue dae wat voorlê ook ‘n warm, droeë en huislike atmosfeer vir ons gehore en kunstenaars kan bied. ‘n Heerlike Wintergereg met ‘n glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.
Lunch from 13:00
Show at 15:00