Please note this is the webtickets development environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Nataniël: Cake Topper

Nataniël: Cake Topper

Nataniël: Cake Topper

from 06 Nov 2024 20:00

About

Die nuutste vertoning deur Nataniël!

Oorspronlike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe, hierdie is ’n paar elemente van Nataniël se nuutste skepping, CAKE TOPPER. Stories in Engels en (meerendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (Klavier), Luke van der Merwe (Kitaar),Werner Spies (Bas) en Peter Auret (Tromme).

CAKE TOPPER
Die nuutste vertoning deur Nataniël! Nataniël’s latest stage creation!


Duiweltjies op die hoeke van ’n eeue-oue katedraal, verskillende kunswerke wat dieselfde een-oog wese uitbeeld, die kosbare septer van ’n koningshuis, die herkenbare logo van ’n geliefde bakkery, die spesifieke vorm van ’n stopteken, is hierdie net die fantasië van ’n paar ontwerpers of is dit die simbole van ons lewens en geskiedenis? Is daar betekenis en geheime?

Van die begin van tyd bly die visuele die kragtige tweede taal van die mensdom. Van ’n helm tot ’n tiara, van ’n sjefshoed tot ’n sonkep, watter boodskappe skuil in ons kleredrag, liggaamhouding, die modes van ’n uiters gewilde musiekvideo of die lettertipe waarmee ’n splinternuwe riller aangekondig word?

Oorspronlike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe, hierdie is ’n paar elemente van Nataniel se nuutste skepping,CAKE TOPPER. Stories in Engels en (meerendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (Klavier + Klawerbord), Luke van der Merwe (Kitaar),Werner Spies (Bas) en Peter Auret (Tromme).

Kostuums is ontwerp en gemaak deur Floris Louw.

90 minute, geen pouse
Geen kinders onder 13
Geen selfone
Geen kortbroeke (dis ’n teater)
Geen drank of verversings in ouditorium toegelaat

Kindly note Artscape provides wheelchair seating. You can book directly via this website but should you require assistance please call Artscape Dial-a-Seat on 021 421 76 95 who will assist with navigation and booking.

Important Notice: PAID PARKING FOR ARTSCAPE THEATRE

Secure parking is available for Artscape patrons at the Cape Town Civic Centre basement parking area. Access is via the Jan Smuts Street entrance at the times indicated below:

Operating hours

• Mondays to Fridays between 5 pm and 11 pm
• Saturdays, Sundays and public holidays during show times

Parking tariffs
Fee: R40.00 / Pensioners: R30.00
For more info, please contact dial-a-seat: 021 421 76 95

More Info

Venue

Artscape, Theatre, Cape Town  Location on Google Maps

Social


Choose your preferred date.

November 2024

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 28
 29
 30
 31
1
2
3
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
1

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…