Wat gaan ons vanaand kyk? Opera? Skouspel? Komedie? Drama? Hoekom nie sommer iets van alles nie. Ilne Fourie bring die hele boksemdaais saam in haar splinternuwe eenvrouvertoning! Vir die eerste keer is daar iets waarvan almal hou: Soek jy iets dramaties of komies? Hou jy van Pavarotti of meer van hokkie-bokkie-sokkie? Blou, pienk, groen of geel – hierdie vertoning sal jou nie verveel. Verkleurvroutjie is ‘n perd van ‘n ander kleur en daar is iets vir elk – te kus en te keur!