Dit is die jaar van onse Heer 1745. Die trousseau is gepak. Die lemoene gepluk. Die lakens skoon gewas. En deur die hele Kaap de Goede Hoop word daar feesgevier, want boer Willem Aarde en beskeie bruid Amélie Bruére trou! ’n Huwelik beteken die vereniging van families. Van plase. Van rykdom. ’n Bruilof beteken ’n erfgenaam! (Of erfgename, indien die Bruid só jonk en só rein en só vrugbaar is soos die een in hierdie storie.) En daar is die geklink van glase in afwagting van die huweliksnag. Maar met die sluit van die slaapkamer en die ooptrek van die hemelbed, kom boer Willem en bruid Amélie van aangesig tot aangesig met onvermydelike, bindende en goddelike plig – ’n plig wat verder strek as