MET Joanie Combrink en Laurinda Hofmeyr REGIE EN SAMESTELLER Libby Daniels MUSIEK Laurinda Hofmeyr
Om iets wat kosbaar is te verloor – jou gesondheid, jou jeug, ’n geliefde, ’n gemeenskap – laat ’n mens -LOOS; sonder dit wat jy verloor het, dalk ook weerLOOS, rigtingLOOS, selfs hopeLOOS. Soveel van ons grootste digters worstel ook met verlies. Tog word daardie worstelinge omvorm tot grootse skeppings. Werke wat die loosheid aanspreek, maar ook die skoonheid van dit wat eens daar was. Die teks is saamgestel uit werk van onder andere Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Elizabeth Eybers, Barend Toerien en Sheila Cussons.