MET Jannie du Toit (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (altsaxofoon)
Veertig jaar nadat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater se verhoog gesing het, is “De wals van de liefde” van Toon Hermans die titellied van sy nuwe program – wat bestaan uit persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu. Jannie het van altyd af besondere aanklank by dié musiek gevind, en dit het sy musiek en loopbaan ingrypend beïnvloed. Daar is altyd versoeke vir sy “Hollandse” liedjies.