MET Albert Pretorius, Brendon Daniels, Nicole Holm en Dean John Smith TEKS Ingrid Winterbach REGIE Tinarie van Wyk Loots
Die Hertzog-bekroonde skrywer Ingrid Winterbach bied in haar jongste teaterstuk ’n oneerbiedige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbering en privaat plesiertjies. J.R. en sy vrou, Maria, is per skip op pad na die Kaap om ’n verversingstasie te vestig. Blussing-Fermaak, ’n verstekeling op die skip, dreig om die sending te kaap en die skip na die Kongo te neem om van daar met slawe handel te dryf, of dalk ’n kruidenierskettingwinkel te open.