Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Die Welgemoed Kunstefees, die enigste van sy soort in Kaapstad se Noordelike Voorstede, word vanjaar vir die vierde keer deur die Welgemoed NG Kerk aangebied. Met 'n goeie balans tussen teater, musiek, kuns, kos, boeke en meer, bied die Welgemoed Kunstefees iets vir almal, jonk en oud. Dit is 'n geleentheid vir mense van die Noordelike Voorstede en omliggende gebiede om bymekaar te kom, te sosialiseer en hul liefde vir die kunste te deel. Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly.