Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Jannie vertel die verhaal van die legendariese liedjie-aande van 1981 en ’82 by sy huis in Pretoria. Saam met hom op die verhoog is Jannie se gereelde pianis van die afgelope dekade, Chanie Jonker.
Die vertoning sluit ‘n ligte middagete na afloop van die vertoning in. Om ’n opwindende en volgepropte 2025 in te lei, beplan Jannie du Toit sy KUNSTEFEES IN DIE KLEINE vroeg in dié jaar by die Drostdyteater in Stellenbosch – ‘n week nadat dit ook in die Fairtree Atterburyteater in Pretoria aangebied word. Drie produksies – waarvan nog nie een vantevore by dié teater te siene was nie – word aangebied. Dit belowe om ’n uiteenlopende mallemeule van passievolle kwaliteit-musiek te wees waartydens uitstaande musici die verhoog met Jannie deel.
MARGARETASTRAAT. Jannie herleef die legendariese en nostalgiese liedjie-aande van 1981 en ’82 by sy huis in Pretoria. Na dié aande in Margaretastraat 28 is daar deur die jare dikwels in proefskrifte, dokumentêre programme en deur kunstenaars op verhoë verwys. Hy vertel die volle verhaal van dié aande en sing liedjies wat vir die eerste keer by Margaretastraat 28 gehoor is. Hy gee perspektief op die rolspelers – Koos Doep, Anneli van Rooyen, Coenie de Villiers, Janita Claassen, Andy Lubbe en vele ander – asook die bydraes wat hulle gemaak het. Lucas Maree het meermale vertel hoe die liedjie-aande hom vir die eerste keer geïnspireer het om in Afrikaans te skryf en te sing. Die wisselwerking tussen liedjieskrywers, teksskrywers, sangers – aspirante en gevestigdes – maar ook die gehoor, het ’n onmiskenbare rol gespeel in die ontwikkelingsgeskiedenis van moderne ligte Afrikaanse musiek. Om 11h00 op Sondag 2 Februarie is die bekende pianis, verwerker en musiekregisseur, Chanie Jonker saam met hom op die verhoog van die Drostdyteater.