Please note this is the webtickets development environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

De Wals van de Liefde – Jannie du Toit

De Wals van de Liefde – Jannie du Toit

De Wals van de Liefde – Jannie du Toit

02 Feb 2025 15:00

About

Die Kaapse debuut van Jannie se nuwe program wat bestaan uit sy persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu: die hoogtepunt van die KUNSTEFEES IN DIE KLEINE.

‘n Ligte middagete is ingesluit en word vooraf bedien.
Om ’n opwindende en volgepropte 2025 in te lei, beplan Jannie du Toit sy KUNSTEFEES IN DIE KLEINE vroeg in dié jaar by die Drostdyteater in Stellenbosch – ‘n week nadat dit ook in die Fairtree Atterburyteater in Pretoria aangebied word. Drie produksies – waarvan nog nie een vantevore by dié teater te siene was nie – word aangebied. Dit belowe om ’n uiteenlopende mallemeule van passievolle kwaliteit-musiek te wees waartydens uitstaande musici die verhoog met Jannie deel.

DE WALS VAN DE LIEFDE Veertig jaar nadat Jannie du Toit ’n eerste Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater se verhoog gesing het, is van Toon Hermans die titellied van ’n program wat Jannie saamgestel het uit sy persoonlike gunsteling Nederlandstalige liedjies.

Die frase uit sy weergawe van Jacques Brel se Madeleine: “zij is zo heerlijk, heerlijk” het deur die jare inslag in die volksmond gekry en by sy konserte is daar altyd weer versoeke vir sy “Hollandse” liedjies: Madeleine en Marieke van Brel, Ik zou wel eens willen weten van Jules de Corte, Achter de horizon van Robert Long, Belastingcontroleur van Urbanus en De kleine man van Louis Davids. Nou kry musiekliefhebbers die geleentheid om al die “toppers” in een program te hoor.

Jannie word in hierdie produksie op klavier en alt-saxofoon begelei deur die uiters musikale egpaar Marcel en Deryn Dednam, wat ’n paar jaar gelede pryswenners in Jannie se ’N NUWE BAADJIE-kompetisie was. Marcel het bekendheid verwerf as begeleier vir Nataniël, Anna Davel, Leon Gropp en andere en Deryn is – soos Marcel – gereeld deel van Anna Davel se ensemble. Albei is musiekonderwysers in Pretoria.

DE WALS VAN DE LIEFDE se Kaapse debuut is die hoogtepunt van Jannie se KUNSTEFEES IN DIE KLEINE in die Drostdyteater om 15h00 op Sondag 2 Februarie 2025.

More Info

Venue

Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch   Location on Google Maps

Social


De Wals van de Liefde – Jannie du Toit

02 Feb 2025 15:00

R350

 You might also like..

Purchasers of this event also bought tickets for the following…