Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
AANGEBIED DEUR Barista Johan Breunissen van Beans About Coffee Oudtshoorn
Hierdie magiese avontuur van koffie en biltong is ’n ware fees vir die sintuie. Deelnemers proe koffie uit Ethiopië, Kenia en Uganda, met elkeen se unieke koffie, met ’n perfekte pasmaat van biltong of droëwors, insluitend gemsbok, volstruis en vlakvark. Leer meer oor die koffie se voorbereiding en roosterproses, met historiese verhale en snaakse stories wat ook ingesluit word – waaronder die ontdekking van koffie deur boerbokke, wat glo gedans het nadat hulle die bone geëet het. Kaartjieprys sluit jou eie dompelkoffiepot en droëworshappies in.
Afrikaans en Engels • Gesin • 90 min.