Begeleide staptoer
MET toergidse Melikhaya Blou, Shandré Harris, Theo Witbooi en Glenisha Tarentaal
Die Karoo Kaarte-app gaan van krag tot krag en skep ’n interaktiewe ervaring van Oudtshoorn se ryk mondelinge geskiedenis. Splinternuwe stories word ingesluit, met selfbegeleide toere wat herinneringe en persoonlike staaltjies van plaaslike inwoners integreer. Hierdie groeiende argief hou kinderherinneringe en gemeenskapsverhale lewend. Gewilde begeleide staptoere onthul verborge juwele en bekende plekke in Bongolethu, “Ou Kas”, “Die Laeveld” en die middedorp.
Veeltalig • Gesin • 120 min.