Drama
MET Wayne van Rooyen, Stephanie Baartman, Carla Classen en Joshwin Dyson TEKS EN REGIE Christo Davids
“Wat het my kind gesê voor hy dood is? Het hy na my geroep?” Christo Davids pak in hierdie aangrypende drama temas aan wat elke Suid-Afrikaner persoonlik raak: Hoe hanteer ons daagliks die talle gestremde mense in ons land, die wat bloot ánders is? Wie beskerm hulle en wie is ’n stem vir die stemloses? Waarheen tog met al die geweld en korrupsie? Dis ontroerend en soms ook snaaks. Hierdie meesleurende verhaal vertel die storie van Noah, ’n jong seun wat daarvan droom om eendag ’n polisieman te word en na sy ma en sy gemeenskap om te sien.
Afrikaans • Geen o.13 T, G, V • 70 m