Komediedrama
MET Jaydin Abrahams en Charisa Esau TEKS EN REGIE Elton Louw
Soms kruip pyn en seerkry agter die grootste glimlagte of sterk verbeeldingskrag weg. Die verhaal van die avonture van Blessing en Mossie, wat mekaar langs die Olifantsrivier naby die watergat ontmoet. Mossie wag vir die vis om te byt, terwyl Blessing vir sy pa wag. Vanweë verskeie gebeure bevind ons onsself in ’n opwindende verbeeldingswêreld met albei wat die tyd probeer omkry. Daar is egter iets onheilspellend tussen die twee wat duideliker word soos hulle mekaar beter leer ken. Gaan ’n vriendskap ontwikkel, of gaan die seerkry en pyn te veel wees om te oorkom?
Afrikaans • Gesin • 60 min.
Choose your preferred date.