’n Ko-produksie van KKNK & Suidoosterfees; ondersteun deur NATi
Skemer daal neer op Arbeidsgenot op Oudtshoorn. Angelique Jacobs, ’n sekuriteitswag by die Langenhoven-museum, maak gereed om te sluit … En dan begin die verlede letterlik by haar spook. Sy word gekonfronteer met ’n geskiedenis wat sy gedink sy geken het, maar die geeste van die verlede het ’n ander verhaal om te vertel. Marianne Thamm, bekroonde ondersoekende joernalis, se eerste toneelstuk het ontstaan uit haar eie nuuskierigheid oor wie en wat Langenhoven was en wat hy vandag beteken. Met humor en patos gee sy stemme aan die spoke van die verlede.
Duration 75min
No Interval
Kindly note Artscape provides wheelchair seating. You can book directly via this website but should you require assistance please call Artscape Dial-a-Seat on 021 421 76 95 who will assist with navigation and booking.