Please note this is the webtickets development environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Internet Sensasie

Internet Sensasie

About

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook. Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl Ouderdomsbeperking:
Geen onder 14’s
Teks: Mel die Storieverteller
Musiek: Peach van Pletzen
Dekor: Imile Wepener
Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.

More Info

Venue

Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch   Location on Google Maps

Social


Internet Sensasie

27-SEP-2025 20:15

R230

protected by
Queue-Fair
Free Tier