Wanneer Annie Sullivan en Hellen Keller mekaar in 1887 ontmoet, volg ‘n intense, roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Hierdie stryd om oorlewing ontvou rondom die eetkamertafel en kopskermutselings in gebaretaal. In ’n wêreld waar trauma al hoe meer afgewater en alledaags voorkom, dwing die storie van hierdie twee formidabele vroue ons om na te dink oor die lesse van trauma en die veerkragtigheid wat daaruit spruit. As Helen, neem die jong, fenomenale 13-jarige Judi Hattingh haar eerste treë op die professionele verhoog.
Nie ‘n debuut nie
Genre: Drama
Rolverdeling: Stian Bam, Bianca Flanders, Eldon van der Merwe, Cintaine Schutte, Judi Hattingh
Regisseur: Hennie van Greunen
Skrywer: Hennie van Greunen
Verhoogbestuurder: Dhania Schultz
Produksiehuis: Curro Create / Wordsmith's Theatre Factory
Vervaardiger: Pedro Kruger
Tydsduur: 110 min
Aanbevole ouderdom: Alle ouderdomme
Beperkings en waarskuwings: Geweld
Taal: Afrikaans, Engels
Choose your preferred date.