Ná al die vreesaanjaende stories oor Wilgenhof ('n koshuis in Stellenbosch) het ek vreeslike goed oor my tyd in Die Plek probeer onthou, maar ál wat my geestesoog kon baasraak was flitse uit fantastiese partytjies. Die vroeë negentigs was 'n sorgelose (gewis naïewe) tyd vir 'n klomp onhebbelike seuns; 'n eenvoudige era voor die aanslag van sosiale media en kragwoorde soos “toksies”, “woke” en “offensive”. Ons was aspris-onbewus van die wêreld buite die Bos, alles ín die Bos het vir ons gedraai om vriendskap, die prys van 'n bottel Tassies en natuurlik ... bowe alles: Wilgenhof.
Debuutproduksie / Debut production
Genre: Eenpersoonvertoning / One (wo)man show
Rolverdeling / Cast: Chris Vorster
Regisseur / Director: Chris Vorster, Marion Holm
Skrywer / Playwright: Chris Vorster, Danél Hanekom
'n Vrystaat Kunstefees produksie, moontlik gemaak deur NATi/A Vrystaat Arts Festival production, made possible by NATi
Tydsduur / Running time: 70 min
Aanbevole ouderdom / Age suitability: 12+
Taal / Language: Afrikaans
Choose your preferred date.