Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNet-sepie, Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as Suster Naomi Koster in Binnelanders) verskyn die eerste keer saam op die verhoog. Dié bittersoet komedie beloof om die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte aan te raak. Kom deel in ‘n unieke teaterervaring wat stories, musiek, stemme en drome saamweef, en vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ‘n wêreld wat jou soms wil stilmaak.
Nie ‘n debuut nie / Not a debut
Genre: Musikale komedie / Musical comedy
Musiek geskryf deur / Music composed by: Germandt Geldenhuys, Je-ani
Swiegelaar
Musikant / Musician: Germandt Geldenhuys, Je-ani Swiegelaar (sang / vocals)
Verhoogbestuurder / Stage manager: Rehbart Geldenhuys
Tydsduur / Running time: 85 min
Aanbevole ouderdom / Age suitability: 12+
Taal / Language: Afrikaans