Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit was die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met 'Seun' neem Dana lesers in sy vertroue.
Dana Snyman is op Stellenbosch gebore. Hy het onder meer as veiligheidswag, skakelbordoperateur en boekwinkelklerk gewerk voor hy joernalis geword het. Hy skryf vir 'Beeld, Weg!, Huisgenoot' en 'Die Kerkbode'. Sy boeke, rubrieke en verhoogstukke is vol empatie en fyn waarnemings. Sy eerste TV-reeks, 'Op pad met Dana', het verskeie seisoene beleef. Hy het meer as 68 000 volgelinge op Facebook.
Uitgewer / Publisher: NB Uitgewers
Met / With: Dana Snyman, Elzabé Zietsman
Taal / Language: Afrikaans
Tydsduur / Duration: 60 min