Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Medestudent Lesea du Plessis gaan nie toelaat dat die polisie hierdie saak beduiwel soos dié van haar ouers se moord nie. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat gebeur het. Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets ontdek het. Maar wat kan dit wees? En hoekom sou ’n kunsstudent in die Anglo-Boereoorlog belangstel? Terwyl Lesea die vrae probeer beantwoord, word haar familiegeheime losgetorring en moet sy haar hele identiteit herbeskou. Maar iemand wil keer dat hulle die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou verkeer sy en haar aanneemboetie in doodsgevaar.
P.P. Fourie is gebore in die Vrystaat en het skoolgegaan in Clarens, Bloemfontein en Oudtshoorn. Tans woon hy op Wellington. Sy debuutroman, 'The Heart Is The Size of a Fist', is tesame met die Afrikaanse vertaling,’n Hart is so groot soos ’n vuis', uitgegee. Twee spanningsromans het gevolg: 'Ons skulde' en 'Die dood van Rachel April'.
Uitgewer: NB-Uitgewers
Met: P.P Fourie & Ilse de Kort
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 min