Please note this is the webtickets development environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Troep!

About

In 'Troep!' vertel meer as ‘n honderd veterane oor wat hulle van hul dienspligtyd onthou: hoe hulle opgeroep is terwyl hulle steeds op skool was en weggegaan het oorlog toe om eers twee jaar later weer terug huis toe te gaan. Daar is stories oor troepetreine, duimry, grensdiens en landmyne, herinnerings aan vriende, seuns en broers wat nooit teruggekeer het nie. Bun Booyens bring al hierdie stemme bymekaar en vertel van die uitdagende omstandighede wat duisende jong seuns ervaar het.

Veterane sal aanklank vind by hierdie verhale wat ook hul geliefdes sal help om te verstaan wat hierdie mense vandag nog saam met hulle dra: Dit wat hulle kan onthou en ook dit wat hulle eenvoudig nie kan vergeet nie.

Bun Booyens is die stigtersdirekteur van die reistydskrif 'Weg!' en die redakteur van die dagkoerant 'Die Burger', waarvan hy ook ‘n eeufeespublikasie saamgestel het, 'Die Burger 100 – Sy Mense en Hul Stories' (2016). Hy het ook '50 jaar met Fred' (2020) oor die spotprentekenaar Fred Mouton, asook 'Ek Onthou – Die Lewensverhaal van ‘n Outistiese Seun' (2021) geskryf. Bun was ‘n voetsoldaat tydens sy dienspligjare en werk deesdae as ‘n vryskutjoernalis.

Uitgewer / Publisher: Penguin Uitgewers

Met / With: Bun Booyens

Taal / Language: Afrikaans

Tydsduur / Duration: 60 min

More Info

Venue

Social


protected by
Queue-Fair
Free Tier