Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
’n Jong man begin sy loopbaan by ’n kleinerige apteek in Bloemfontein. Maar is hierdie sinlose bestaan al wat vir hom voorlê vir die volgende sestig jaar? Hy kom toevallig af op geskrifte van die vyftiende-eeuse mistikus Thomas À Kempis, en begin droom oor ’n asketiese lewe as monnik. Op die vooraand van sy reis na ’n klooster in die Franse Alpe, ontdek die jong apteker hy het ’n verlangse oom wat self ’n Katolieke priester geword het en nou in die hartjie van Parys woon. So begin ’n kosbare vriendskap tussen ’n pater in Parys en ’n verlore siel uit die Vrystaat. Dis ’n teer roman oor die soeke na identiteit, vrede en betekenis, maar bowenal ’n pelgrimstog na aanvaarding van die self.
Johannes de Villiers is ’n skrywer en meditasie-instrukteur met ’n jogaskool in Bloemfontein. Hy lei landwyd slypskole en naweekkursusse oor meditasie en aandagtigheid. Johannes was jare lank joernalis by 'Huisgenoot, Rapport' en 'Die Burger', en voorheen dosent in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.
Uitgewer / Publisher: NB Uitgewers
Met / With: Johannes de Villiers, Francois Smith
Taal / Language: Afrikaans
Tydsduur / Running time: 60 min