StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings wat hy bykans vier dekades lank versamel het. Hy deel die eenvoud en opregtheid van geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies huiskokke. Dwarsoor die wêreld het mense hom in hul huise en harte ingenooi, geheime van ou familieresepte met hom gedeel en kon hy saam met hulle die disse leer kook.
Met/ With: Frik de Jager en Jak de Priester
Uitgewer/ Publisher: Naledi
Skrywer/ Writer: Frik de Jager
Taal/ Language: Afrikaans
Tydsduur/ Running Time: 60 min