Please note this is the webtickets development environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Richard van der Westhuizen

Richard van der Westhuizen

Richard van der Westhuizen

12 Jun 2025 18:00

About

Goeiedag. Richard van der Westhuizen hier. Ek het Donderdag 12 Junie ‘n vertoning in die Drostdyteater in Stellenbosch. Vanaf sesuur die aand kan jy lekker kom eet met ‘n glas wyn in die teater se sitkamer en dan oorskuif teater toe waar ek gaan musiek maak saam met Andrew Roos op klavier.

Sowat 40 jaar lank het ek woorde en musiek geskryf, en ‘n klomp van die liedjies het gewild geraak. Ek het gaan delf tussen die klomp en ‘n aantal gekies wat deur al die jare my gunsteling liedjies gebly het. Tussen Treine en Ballade vir ‘n Enkeling natuurlik, maar ook meer persoonlike liedjies soos Anthem, Genadewater, Engelliedjie, Die viooltjies op Ouma se graf, Isabella en ‘n klomp ander. Dit is my absolute voorreg om hulle met julle te kan deel. Kom ons maak die winter saam-saam warmer. Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!

Venue


Richard van der Westhuizen

protected by
Queue-Fair
Free Tier