Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Drama
Aardklop Pronk Podium is ’n nasionale toneelfeeskompetisie vir hoërskoolleerlinge en die studente wat deelneem aan die NWU Kampustoneel. Vanjaar se feesproduksie, Doolhof, word aangebied deur vorige Pronk Podium-wenners. Dit is geskryf en geregisseer deur Robert Kruger, wat vir die afgelope drie jaar aangewys is as die beste Pronk Podium-regisseur én wenner van die beste Pronk Podium-produksie.
Meer inligting oor die studenteproduksie (en genre) sal ná afloop van die NWU Kampustoneel bekend gemaak word. Beide produksies is ingesluit by die kaartjieprys.
Doolhof
Met: Minke Marais en Vian Singleton
Teks: Robert Kruger
In Doolhof worstel ’n jong paartjie met kwessies rondom liefde, geloof, grense en identiteit. ’n Rou, eerlike verhaal oor begeerte, verwagtinge en die soeke na jouself én mekaar.
180 min. • Geen o.13 (T/G) • Afrikaans
Aanlynverkope sluit 2 ure voor die tyd. Daar sal verkope by die deur wees.