Please note this is the webtickets development environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Ingrid: `n Vlam in die Sneeu

Ingrid: `n Vlam in die Sneeu

Ingrid: `n Vlam in die Sneeu

08 Oct 2025 13:30

About

Musiekteater

Met: Lizelle Pike en Chanie Jonker
Teks: Jak J. Brits
 
Ingrid Jonker se stem word herontdek in hierdie roerende musiekteaterstuk, geïnspireer deur haar intieme liefdesbriewe aan André P. Brink en haar mees ikoniese poësie. Hierdie is nie bloot ’n biografie nie – dit is Ingrid se eie woorde en emosies, getoonset met oorspronklike musiek. Met gedigte uit Rook en oker, nuut getoonset, word haar liefde, verlange, depressie en soeke na vryheid verweef tot ’n unieke klankbaan van haar lewe – soms fluisterend en broos, soms ongenaakbaar eerlik, soms vurig en vry.

Dis ’n intieme en aangrypende reis deur ’n digter se hart – ’n viering van ’n vrou, ma, minnares en mens wat gebrand het vir waarheid, vir liefde, vir kuns. “ ’n Boeiende blik op Jonker se liefde en verlange... ” – AJ Opperman, Netwerk24 “It’s a beautiful and significant work that sings with sincerity... ” – Robyn Sassen

75 min. • Geen o.16 • Afrikaans

Aanlynverkope sluit 2 ure voor die tyd. Daar sal verkope by die deur wees.

Venue


December 2025

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31