Kinderteater
Met: Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl
Teks: Margit Meyer-Rödenbeck, geskoei op Verna Vels se stories
Haai oe, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie Strictly Come Dancing? Die Geelheks besluit Levinia moet “breakdance”, dit was immers ’n treffer by die Olimpiese Spele… maar ons weet Koning Rosekrans verkies die wals. Of jy nou drie of 103 jaar oud is, jy sal Blommeland se manewales geniet. Kom speel en dans saam.
55 min. • Gesin • Afrikaans, Engels