Komedie
Met: Mel die Storieverteller
Teks: Mel die Storieverteller
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe die Internet Sensasie Mel die Storieverteller in lewende lywe op ’n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings, want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese eenvrouvertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel ook kan sing. Mel deel van haar eerstehandse ervarings in die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oor oom Riekert se groot fout, ’n beplande vuisgeveg in ’n taai plek met die naam KuduKraal, hoe “Mel die Storieverteller” ontstaan het en die siekte op haar voorkop. Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ’n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
80 min. • Geen o.14 (T) • Afrikaans