Drama
Met: Onder andere Rolanda Marais (stemkuns), Ilse Klink (stemkuns en sang), Schalk Joubert (baskitaar), David Klassen (tromme), Leon Gropp (kitaar en sang) en Laurinda Hofmeyr (klawers en sang)
Teks: Breyten Breytenbach en Daphnée Breytenbach
Momentum Aardklop bring hulde aan die geliefde Breyten Breytenbach in ’n spesiale program met opnames van sy eie voorlesings, ’n keur van sy gewilde gedigte, sowel as besondere toonsettings (hetsy nuut of nuwe verwerkings). Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar pa – aan die hand van haar voorlesing vroeër vanjaar by die huldigingsbyeenkoms in Wellington.
Kom saam op reis met uitstaande kunstenaars om Breyten op sy beste te beleef, die allemansdigter wat tot die menigte kon spreek in gedigte soos “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif, “Mag die bome groen bly” en “Slaap klein beminde”.
Belofte van vere is ’n intieme blik op die verhouding tussen ’n pa en dogter, te midde van al die verwikkeldheid rondom sy wêreldwye roem, berugtheid, aktivisme en taaldebatte.
80 min. • OB • Afrikaans