Drama
Met: Lee-Ann van Rooi en Brendon Daniels
Teks: Athol Fugard, in Afrikaans vertaal deur Vinette Ebrahim
Regie: Christo Davids
Boesman en Lena is twee hawelose randfigure: Uitgelewer aan mekaar, die elemente, en aan ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk is ’n boeiende blik op die verwikkeldheid van verhoudings en sosiale ongeregtigheid. Dit is ook ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele neiging tot hoop en behoefte aan meelewing en menslikheid. ’n Gepaste huldiging aan een van Suid-Afrika se grootste dramaturge, wat in Maart in die ouderdom van 92 oorlede is.
Feesgangers kry die geleentheid om die finale kleedrepetisie van Boesman en Lena spotgoedkoop by te woon. Neem asseblief kennis dat die repetisie moontlik onderbreek kan word deur die regisseur of tegniese span. So kry feesgangers ook die geleentheid om ’n kykie agter die skerms te kry en te ervaar hoe die senuwees soms op hol kan raak. 85 min. • Geen o.14 (T/G/V) • Afrikaans • Kleedrepetisie