Please note this is the webtickets development environment

Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.

Belofte van vere: Finale Kleedrepetisie

Belofte van vere: Finale Kleedrepetisie

Belofte van vere: Finale Kleedrepetisie

06 Oct 2025 19:30

About

Drama

Met: Onder andere Rolanda Marais (stemkuns), Ilse Klink (stemkuns en sang), Schalk Joubert (baskitaar), David Klassen (tromme), Leon Gropp (kitaar en sang) en Laurinda Hofmeyr (klawers en sang)
Artistieke regisseur: Anna Davel
 
Momentum Aardklop bring hulde aan die geliefde Breyten Breytenbach in ’n spesiale program met opnames van sy eie voorlesings, ’n keur van sy gewilde gedigte, sowel as besondere toonsettings (hetsy nuut of nuwe verwerkings). Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar pa – aan die hand van haar voorlesing vroeër vanjaar by die huldigingsbyeenkoms in Wellington. Kom saam op reis met uitstaande kunstenaars om Breyten op sy beste te beleef, die allemansdigter wat tot die menigte kon spreek in gedigte soos “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif, “Mag die bome groen bly” en “Slaap klein beminde”. Belofte van vere is ’n intieme blik op die verhouding tussen ’n pa en dogter, te midde van al die verwikkeldheid rondom sy wêreldwye roem, berugtheid, aktivisme en taaldebatte.
 
Feesgangers kry die geleentheid om die finale kleedrepetisie van Belofte van vere spotgoedkoop by te woon. Neem asseblief kennis dat die repetisie moontlik onderbreek kan word deur die regisseur of tegniese span. So kry feesgangers ook die geleentheid om ’n kykie agter die skerms te kry en te ervaar hoe die senuwees soms op hol kan raak.
 
80 min. • OB • Afrikaans • Kleedrepetisie

More Info

Venue

Social


October 2025

Mon
Tue
Wed
Thu
Fri
Sat
Sun
 
 
1
2
3
4
5
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31

protected by
Queue-Fair
Free Tier