Please note this is the webtickets development environment
Tickets purchased here are not valid. Click here to go to the official Webtickets website.
Fees voluit in die Feesmark!
Op Saterdag 28 Maart 2026 is die Voluit Openingskonsert die perfekte afskop vir drie dekades van die KKNK op Oudtshoorn! Met ’n program propvol gewilde treffers en hope verrassings, saamgestel deur Janine Neethling en onder regie van Nico Scheepers, gaan jy nie ’n enkele oomblik wil misloop nie. Op die verhoog is onder andere Early B, Amanda Strydom, Coenie de Villiers en vele ander. Nóg optredes deur die dag sluit in Brendan Peyper, Bernice West, Martin Bester, Posduif, Bacchus Nel en sy Bra’s en Tino.
Kry ongelooflike waarde vir jou geld op die KKNK se feesterrein!