Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNet-sepie, Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as Suster Naomi Koster in Binnelanders) verskyn die eerste keer saam op die verhoog. Dié bittersoet komedie beloof om die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte aan te raak. Kom deel in ‘n unieke teaterervaring wat stories, musiek, stemme en drome saamweef, en vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ‘n wêreld wat jou soms wil stilmaak.