Lize Beekman, geliefde sanger-liedjieskrywer, se musiek loopbaan strek oor 28 jaar. Sy begelei haarself op kitaar en klavier onderskeidelik en soos altyd beloof haar vertoning ’n belewenis van sielvolle musiek en lirieke uit haar pen, wat haar gehore diep raak. Skuif gerus nader, kom sit ’n bietjie langs haar, en gee jouself oor aan ’n intieme musiek-ervaring en van die mooiste lirieke in ons Afrikaanse taal.