’n Poging tot ’n eenpersoonstuk, of ’n worstelende gedig, geskoei op, en met apologie aan, Shakespeare se Hamlet (ook jammer aan Jonker / De Villiers / Malherbe / Totius / Opperman / Yeats). ’n Tentatiewe, maar geweldadige ondersoek na die emosionele landskap van wat dit is om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Met voorouers gewortel in Afrika en Europa, die ontgogeling van menslikheid en essensiële emosionele selfmoord, word die soeke na identiteit uitgebeeld deur middel van die ekstrapolasie van die verskeie karakters in die oorspronklike teks, wat almal uit dieselfde mond praat.